Voor die onheilswoning en tussen die skaars-beblaarde soetdorings staan, in droƫ aarde maar lowergroen en blink van blad, die wag-'n-bietjie *) langs die pad.Wanneer ek naderkom dan sien ek do ring s krom en reg; 'k sien takke immekaar gedraai en deurmekaar gevleg. En wil ek in die blare g ...