Jubileum Vrouevereniging 'Rut' te Randburg
Op 8 augustus 1997 het die vrouevereniging 'Rut' sy 25e bestaansjaar gevier. Ons het saam met belangstellendes, waaronder enkele stigterslede, bymekaar gekom in die saai van die kerk in Randburg.
Mevr. L. Zwemstra, die presidente, het die welkomswoord waargeneem. Ouderling M. Boer het gelukwense oorgedra namens kerkeraad en mannevereniging. Gelukwense van die jeugvereniging is oorgedra deur mnr. J.C. Kuipers. Hulle het 'n selfgemaakte klok aangebied waarop die logo van die vrouevereniging verskyn, uitgesny in hout.
Mevr. De jongste het die goeie wense oorgedra van die vrouevereniging van Tholen en daar was 'n fax van mevr. W. van Heil uit Soest.
Twee jubilerende lede, mevr. j. Neele en mevr. H. Meyer het elk 'n bybelse dagboek ontvang en vir al die lede was daar 'n lepeltjie ter herinnering.
Ds. C. de jongste, wat ons gemeente besoek het, het vir ons die tema 'Rut' behandel. Hy het daarop gewys dat Rut onder die voorsienigheid van God met Naomi na Israël gegaan het; hoe sy, met eedswering, gekies het om die God van Israël te dien, maar hoe uiteindelik, terwyl Rut by die huis sit, die saak in die poort volgens reg deur Boas besleg is. 'n Gedig is voorgedra deur mevr. j. Hooydonck en 'n terugblik is gelewer oor die afgelope 25 jaar. Suid-Afrika het veral die laaste jare groot veranderinge beleef, in hierdie eerst christelike land sien ons al hoe meer hoe die wêreld, juis om Christus' wil die kerk niet meer kan verdra nie en hom draai teen schristelike skool en organisasie.
Ook hier is vir die Koning en Sy ryk geen plek in die politieke en sosiale lewe, op die beurs en op universiteite nie.
Mag die Heere ons trou maak in die werk op die velde van Boas; alleen deur Hom sal ons kan volhard tot die einde.
Postbus 869, Alberton 1450, R.S.A.
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van vrijdag 21 november 1997
Daniel | 32 Pagina's