„Kom we beginnen”
„Kom. we beginnen", roep die voorsitter oor die kerkplein. Almal gaan na bmne om hulle plekke in te neem. As dit stil is gee die voorsitter 'n psaimversie op om te sing. Die ou orreltjie moet diens doen as begeleider. Wanneer ons sing staan almal op.
Dis so die gewoonte in Suid-Afrika. Dan lees die voorsitter 'n stuk uit die Bybel en gaan voor in gebed. Die notule word voorgelees en geteken deur die voorsitter en die sekretaresse as daar niemand is wat 'n fout gevind het nie.
Die verjaardagskalender word tevoorskyn gehaal en ons kyk wie in die vorige maand verjaar het. Hulle word deur die voorsitter Gods seën toegewens.
Dan kry ons die onderwerp. Hierdie jaar het ons besluit om sprekers te vra. Die meeste van ons lede is nog 'n bietjie jonk om 'n onderwerp te hou. Gedurende die pouse skink J n paar meisies koffie en koeldrank in. Kontribusie word betaal. Almal gaan na buite en daar word .oor die week se gebeure gekonverseer. Na die pouse kry ons die geleen theid om vrae te stel. As almal uitgevra is oor die onderwerp kom die rondvraag. Tot slot sing ons 'n psalm. Daarna eindig die voorsitter met dankgebed.
Die vereniging word één keer per maand gehou, vanweë die groot afstande. Die aanvangstyd is drie uur.
Teen vyf uur sluit ons die vergadering andeirs kom ons te laat by die huis.
Twee maande in 'n jaar hou ons; geen vergadering nie. In die maande Desember en Januarie. Dit is wanneer die skole vakansie het en dit baie warm is.
Een keer in 'n jaar gaan ons op 'n uitstappie. Ons gaan die natuur in om berge te klim, ons besoek die dieretuin, die huis van Paul Kruger, Jan Smuts of iets anders wat met die geskiedenis van Suid-Afrika te doen het.
As daar mense is wat vra.e oor Suid-Afrika het, skryf gerus aan ons vereniging. Ons hoop julle na ons beste wete te antwoord.
Die adres: Die sekretaresse van die jeugvereniging „Josua" p.a. Ina Neels, I-Iaynesstraat 1, Witpoortjie, Roodepoort 1725 (Suid-Afrika)
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van vrijdag 20 april 1979
Daniel | 24 Pagina's