JBGG cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van JBGG te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van JBGG.

Bekijk het origineel

Psalm 119 in de berijming van Totius

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Psalm 119 in de berijming van Totius

3 minuten leestijd

Salig wie in hul ogregtheid wandel in die Heer se wet, wie Hom soek van ganser harte en. op sy getuignis let. Salig dié wat in hul wandel nie op onregspaaie gaan, maar wil wandel op die weë in Gods wet vir hul gebaan.

Dis u wil dat ons U woorde in getrouheid sal betrag. Kon ek maar, ek sou 't van harte. Heer, verleen U my die krag! Ag, was tog ray voet maar vaster, dat ek van die spoor nie dwaal in U wet my voorgeleken, en geen skande oor my haal!

Hoe sal in sy jeug die jong'ling, gou deur ydelheid bekoor, rein. kan wandel in sy weë? ... As hy wandel in u spoor! U soek ek van ganser harte. Heer, hou U mij hande vas, dat ek van U spoor niet dwaal nie en die kwaad my nie verras.

Ag, hoe kleef ek aan die stof al! Maak my lewend na U woord — U tog wie 'k my sorg vertel het, laat u kneg nie onverhoord. Lei. my altoos voort en verder om U wonders te oordink, my wat droewig en verslae haas in kommernis versink

Dan sal 'k. wandel in die ruimte, want ek wandel in U spoor. Selfs voor konings spreek ek daarva en ek skaam my nooit daaroor Aan U wet, my hoogste vreugde, is my liefde toegewy: daaraan dink ek, daarna soek ek, daarin, Heer, verdiep ek my.

Dat U my verdruk het, Heere, dit was enkel goed vir my, want daardeur het U my dieper in U kennis ingelei. Daarom is dit my veel beter as die allerrykste skat, meer als al die goud en silwer wat die wereld kan bevat.

Heer, u woord is my 'n fakkel wat sy ligglans voor my dra, voor my voet die duisternisse van my lewenspad ver ja. 'k Hot gesweer, deur u ontferming dit bevestig, dat ek my, van 'n wêreldnag omgewe, deur dié ligglans wil laat lei.

Dis 'n lig wat klare kennis aan eenvoudiges ontdek; dis die asem van die lewe wat ek diep na binne trek, Wend U dan nie weg van my niet, wees my gunstig na die reg wat in U verbondsgeheim'nis aan U volk is toegeseg.

As ek wandel in benoudheid en in diepe angs geraak, is U woord die één en alles waar my hart hom in vermaak. Ewige geregtighede vloeit uit U getuigenis. Leer my daaruit só te lewe soos die ware lewe is.

Help my, Heer! Ag, hoe verlang ek en hoe sug ek diep en swaar na die heil wat U beloof het, na U kennis wonderklaar! Laat my leef; o Heer, dan loof ek! Laat niks my die heil ontroof! Laat U oordeel my tot hulp wees! Laat my lewe om te loof!

n Heer, ek is 'n skaap verlore, in die wildernis verdwaal. U my Heer en Herder, bid ek dat U my tog wil kom. haal. Soek my, bring my weer, u dienaar wat in. al sy harteleed, en in. al sy teënhede, U gebooie nie vergeet.

De bovenstaande verzen zijn gekozen uit Ps. 119 in de berijming van J. D. du Toit (Totius). „Die berymde psalms" zijn sinds 1936 bij de kerken in Zuid-Afrika in gebruik.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 2 mei 1969

Daniel | 16 Pagina's

Psalm 119 in de berijming van Totius

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 2 mei 1969

Daniel | 16 Pagina's